Elsabie van der Westhuizen

Vertel meer oor haarself

Ek is ‘n vryskut tydskrif joernalis en skrywer met ‘n passie vir ware lewensverhale maar geniet ook die vryheid van kreatiewe skryfwerk. Ek het ‘n skryfkursus gedoen deur Skryfgeheime, gelei deur Janie Oosthuizen en Liezl Heidtmann. Ek kan hulle ten sterkste aanbeveel. Buiten enkele tydskrif artikels, was ek medewerker vir die Rympies vir Pikkies en Peuters van Riana Scheepers, wat ongeveer ‘n jaar gelede op die winkelrakke verskyn het. Ek het onlangs my manuskripte waaraan ek byna drie jaar gewerk het, deur Marleo Publiseerders laat druk, wat dus ook nou beskikbaar sal wees aan die lesers wat belangstel om ‘n kopie daarvan te bekom. Ek doen ook Tydskrif Artikels van tyd tot tyd soos onder andere vir LIG Tydskrif.

Vertel meer oor elke publikasie

Boeke wat nou reeds beskikbaar is, is Bitter en Soet van ‘n Ouer se Lewe wat ons eie verhaal is mbt die dood van ons eie seun in 1993. Die boek beloof om mense te help wat deur soortgelyke krisisse gaan. Die eerlikheid van persoonlike worsteling, foute en oorwinning, gee moed en raad aan baie.

Klik Hier om te koop of E-boek

Die boek word tans ook in Engels vertaal deur Annaliza Publisher & Writing wat binne die vlg paar weke ook beskikbaar sal wees vir ons Engelse lesers. The Joy and Agony of a Parents Life

Klik Hier om te koop of E-boek

Kliphart van Vingerklip,

Die verhaal speel af in die Noorde van Namibië. Dit handel oor verhoudings en die behoefte van elke mens om waardeer en gerespekteer te word. Dit lig ook die belangrikheid van lojaliteit, vertroue en eerlikheid uit waarsonder geen verhouding suksesvol kan wees nie. Daar is ook heelwat intriges wat die verhaal baie interessant maak.

Klik Hier om Te koop of E-boek

Ek werk huidig ook aan ‘n paar Film Produksies wat beloof om baie lewens te raak.


 

Leave a Reply