Lia Kilian

 

Uit Lia se pen

Ek is die jongste en natuurlik die laatlam van 4 kinders. Enkel ma van twee seuns en ‘n laatlam dogter en nie my twee pragtige twee kleidogters vergeet nie. Ek is ‘n tipiese skerpioen, met Ierse- Franse- en Duitse bloed in my.

Sou oorspronklik my Bsc. Agrig gaan tudeer het by Kovsies maar my pa is toe oorlede en het ek noodgedwonge begin werk in die stad in ‘n finansiële rigting. Tussen vier mure was ek vasgekeer vir baie jare en het net vir ontspanning geskilder en geskryf waar die tyd my toegelaat het.

Sedert as jongmeisie het ek aan kortverhale en gedigte geskryf op my ousus se tikmasjien. My eerste publikasie was in 2004. My gedig “In haar Vader se skoot” was opgeneem in ‘n gesamentlike bundel deur die Christelike Poësie Vereenging. ‘n Verdere drie gedigte was in gesamentlike bundelings opgeneem deur die Christelike Poësie Vereenging deur die loop van twee jaar.

In 2007 het ek my eerste kompetisie gewen by SASOL
<https://af.wikipedia.org/wiki/SASOL> tydens hulle Poësie kompetisie. Na ek gedianoseer was met bi-poler 11 jaar terug het ek nie weer gepubliseer tot 2016 nie. My gedig ” Wat is Liefde” is opgeneem in ‘n gesamentlike bundel Hartswoorde deur SA Skrywers. November 2017 het ek my debuut digbundel
“Gedagte Wandelings en kortverhaalbundel “Flentertjies” die lig laat sien.

Die meeste stories in die my boek is romanse wat skeef geloop het met ‘n gelukkige einde, maar daar is ook romanse met humor in en selfsskryfsels wat hartseer is. Al my gedigte en kortverhale is geinspireer deur wareverhale. Ek is huidiglik besig met my eerste volbloed roman en hopelik sal hy die lig sien in Julie 208. Ook is daar nog ‘n digbundel en kortverhaal bundel vir November 2018.

Benewens my gedigte en kortverhale en romanse doen ek ook vertaalwerk en
illustrasies vir kinderboeke.


 

Leave a Reply