Louis Rautenbach

Meer Oor Louis

Louis B Rautenbach se liefde vir die Afrikaans taal en sy passie vir skryf en vir die vertel van stories, het verskeie boeke tot gevolg gehad.

Sy veelsydige beplanninge vir die toekomstige publikasies sluit in, onder andere, opvolgboeke, kleinverhaal bundels en selfs ‘n draaiboek.

Sy voorliefde vir geskiedenis, en veral verhale van die Bybel, bring u stories voort wat lewensinspirerend is en laat ‘n mens nadink oor die geestelike lewe en die verganklikheid van die mens.  Sy doel as skrywer is dat die leser, onder andere, sal nadink oor die lewe.

Woordkunsuutjie 12 Desember 2017 – Netradiosa opgedra aan Louis Rautenbach

REEDS GEPUBLISEERDE BOEKE

 

   R180 Posgeld uitgesluit Klik HIER om te bestel

  R180 Postage excluded Click HERE to order                                                                                                                                                             

Oorsprong van Smarte (2013) is in roman styl. ʼn Verhaal met hoofstukke wat strek van Genesis tot Konings, van die skepping tot waar koning Dawid oorlede is en Salomo as koning by hom oorneem. Die boek vertel die ou bekende Bybelse verhale op besonderse wyse met die gepaadgaande emosies vir die karakters. Dit bevat baie lering en baie inligting wat soms misgelees word. Dit beskryf die besonderse lyn waarin alles vloei, en beklemtoon deurlopend die liefde, genade, barmhartigheid en vergifnis van die Here.  Die geboorte van die eerste vrese, die eerste moord, verkragting en gevoelens van wraak en selfvergelding word verhaal. Selfs interaksie met ʼn prostituut, owerspel en vier gevalle van selfdood, asook die genade van die Here selfs teenoor die Farao deur in die tien plae die onvermoë van sy afgode te bewys in ‘n poging om hom tot bekering te roep.

Op wye aanvraag deur lesers is hierdie boek na Engels vertaal en is in die helfte van 2017 onder die titel Origin of Sorrows uitgegee.

   R180Posgeld uitgesluit Klik HIER om te bestel

Spieëlsplinters (2013) is ʼn roman wat 80% gebaseer op eie ervaringe en word in die eerste persoon geskryf. Dit beskryf die impak van grootmense se besluite op hul kinders. Dit is vol intriges en gee ook bietjie lering oor spesifieke, enkele vraagstukke. Dit speel af in ʼn tyd van 1965 tot 1980 en raak verskeie emosionele ervarings van kindwees aan. Dit vind gedeeltelik plaas in die tyd voor selfone en motor radio’s waar motorritte gebruik is om o.a. familiekonsert te hou. Dit is ʼn goeie oorgangsboek wat by beide die tiener as die volwasse leser aanklank vind.

   R180 Posgeld uitgesluit Klik HIER om te bestel

 Soveel Jare (2014) – Die Roman gaan oor die lewe van ʼn aanneem baba wat eers op 30-jarige ouderdom van sy oorsprong uitvind. Die skok daarvan om uit te vind dat hy ʼn aangenome kind is, noop hom om op sy spore terug te loop. Die soeke na sy familie neem hom oor landsgrense heen. Hy reis ver om sy verlore familie op te soek. Die storie neem ‘n aanvang in Duitsland en gaan via London UK na Namibië, Suid Afrika en Swaziland. Dit strek oor 60 jaar en vertel die verhaal oor verskeie geskiedkundige tydlyne en betrek drie families. Hierdie lekkerlees boek bring baie emosies na vore en is plek-plek ‘n tranetrekker vir sensitiewe mense.

  R180 Posgeld uitgesluit Klik HIER om te bestel

My Vriend, My Broer (2015) is ‘n wonderlike, menslike verhaal van Dawid en Jonatan – een ʼn prins van geboorte en die ander ʼn prins aangetroud. Hierdie roman neem die leser op ʼn verbeeldingsreis met emosies veroorsaak deur aanvanklike verwerping, valse beskuldigings, depressie maar ook die oorwinning om tot die grootste leier en politikus van alle tye gekroon te word. Hierdie baie besonderse verhaal bevat baie insig en lering en beskryf die unieke liefde wat ʼn demonstrasie is van die liefde van God vir Sy skepping. Hierdie is ʼn lekker leesboek en bied heerlike ontspanning vir enige leser.

   R180 Posgeld uitgesluit Klik HIER om te bestel

Sy Lewe vir Sy Liggaam (2016) Die roman is gebaseer op die NT Bybelse boek Handelinge en sentreer meestal rondom Paulus se omswerwinge. Jesus gee Sy lewe vir Sy liggaam, die kerk. Dit begin waar Jesus aan die kruis sterf, gaan terug na Ou Testamentiese profesieë en verduidelik die profesieë van Jesus se koms op unieke wyse, waarna dit die vervolging en marteling van Christene beskryf, en uiteindelik die ontbanning van Christendom. Beskrywing van emosies is weereens gebruik om die karakters in die verhaal realisties uit te beeld. Hierdie besonderse, gewilde boek het ʼn baie goeie resensie van teologie doktors Frans en Sariet Nortjé gekry. Hulle beskryf dit o.a. as “ʼn moet om te lees, ʼn meesterstuk.”

Voorlesings uit Sy Lewe vir Sy Liggaam

Sy Lewe vir Sy Liggaam: Hoofstuk 1

Sy Lewe vir Sy Liggaam: Hoofstuk 4

Sy Lewe vir Sy Liggaam : Hoofstuk 8

Sy Lewe vir Sy Liggaam : Hoofstuk 17

   R180 Posgeld uitgesluit Klik HIER om te bestel

Die Bodemlose Kruik (2016) – Die boek neem die storie van Oorsprong van Smarte wat by Konings geëindig het, in roman styl verder vanaf Konings met die kroning van Dawid se seun, Salomo, en neem die leser deur die Ou Testament. Dit beskryf die uitdagings van Ester en Job, en behandel in romanstyl hoofsaaklik die profete en profesieë. Dit bied baie lering en gee baie perspektief op die profesieë en die waarskuwings wat God deur Sy profete aan ons rig.

   R180 Posgeld uitgesluit Klik HIER om te bestel

Skaduwees (2017) Hierdie roman handel oor ʼn kind wat blootgestel word aan die uitdagings van die geesteswêreld, waar emosies uitgelig word en die verskyning van voorbodes, demone, en ander verskynsels beskryf word, en bespreek in die tweede helfte ook die verskyning van engele, voorgevoelens, drome en visioene. Alhoewel die boek plek-plek bangmaker insidente bevat, is die boodskap van hoop en verlossing prominent daarin.

 

  R180 Posgeld uitgesluit Klik HIER om te bestel 

Die Son Kom Op (2017) Roman oor ʼn gesin wat tot die uiterste aan onverdraagsaamheid, liefdeloosheid en verwerping blootgestel word. Hierdie boek met sy aktuaele onderwerp ontlok bemoedigende terugvoer. Dit beloof om wye reaksie uit te lok en word ook in Engels uitgegee. In teenstelling met meeste boeke wat op ‘n hoogtepunt begin en aan die einde van die verhaal op ‘n laagtepunt eindig, begin hierdie boek basies eerder op ‘n laagtepunt met verskeie emosionele uitdagings wat die lewe bied, en eindig in triomf wat die leser met verwondering laat en selfs ‘n heerlike salwing bied. (In Engels beskikbaar as Dawn has Broken teen dieselfde prys as Afrikaanse weergawe).

Voorlesings uit die Son kom op

Hoofstuk 16

Hoofstuk 19

Hoofstuk 23

Hoofstuk 27

Naskrif

   R180 postage excluded: Click HERE to order                                                                                                                                    

 

 R180 Posged uitgesluit Klik HIER om te bestel

Liefde Tussen die Sterre 

Die opdrag het deur die onbeperkte ruimtes geklink: ‘Laat daar lig wees!’ Daarna het baie dinge gebeur.
Nogtans, met hierdie enkele onderwerp kan ons elkeen ons verbeelding die vrye teuels gee!
Hierdie Wetenskapsfiksie-liefdesverhaal tussen Egon van Kreta en Riana van Rustenburg, wat tussen die planete ontstaan en op Kreta tot volheid ontvou, bereik wasdom hoog tussen die sterre. Die verhaal neem die leser op ʼn unieke reis deur die onbekende, uitgestrekte ruimtes waar die verborgene onbelemmerd lê en wag om elke leser wat hierdie besonderse liefdesreis meemaak, mee te voer.

Voorlesing uit Liefde Tussen die Sterre

Hoofstuk 1

Die boeke is ook in Holland in sirkualsie en word daar te koop aangebied. Oorsprong van Smarte is in die proses van vertaling na Xhosa (die moedertaal van Nelson Mandela)

 

 


 

Leave a Reply