Petro Greef

Uit Petro se pen:

Sedert my laerskooldae het ek geskryf, maar ek het voorkeur aan briewe gegee .  Ek was die middelste van drie kinders en kon
myself nie maklik laat geld nie omdat my suster en broer meer aandag gesoek het.

My skryfwerk was ‘n ontvlugting.  Op ‘n stadium het ek selfs ‘n seunsmaat gehad en ek het geskryf asof ek ‘n seun is. My broer was my model. My tannie was gek na my briewe en het my betrek by ‘n e-tydskrif. Vir die tydskrif *JouWêreld

*het ek handwerkartikels sowel as reisartikels en ivm
mense geskryf. Ongelukkig het dié tydskrif nie ‘n baie lang e-leeftyd gehad nie, ek dink ongeveer twee of drie jaar.

Op facebook is ek by ‘n skryfblad betrokke en telkens goeie reaksie op my stories gekry. Toe vra ek vir Louis Rautenbach om
twee van my essays te lees en sy mening te gee, ek het net behoefte daaraan gehad om ‘n eerlike mening te hoor. Hy het my
uitgedaag om ‘n boek te skryf, al is dit net met twaalf stories, maar hy het nie geweet dat ek alreeds taamlik baie het nie.

Terwyl ek verlede jaar met geweldige pyn geworstel het agv bloedklonte, het ek besluit om my skryfwerk te orden en reg te kry vir ‘n boek. Dit was ‘n wonderlike terapie en het my aandag weggelei van my situasie.

Die hele besigheid het in die geheim geskied, my man het niks geweet nie. Louis het my gehelp met foute en met baie
goeie voorstelle gekom. Toe ek my eerste proefboek gekry het, het ek eers vir Thys my man, ingelaat. Hy was stom van verbasing en
baie opgewonde. Nou ja, toe moes hy verder help verfyn aan my skryfwerk, want sy vars oog kon nog meer help.

Thys en my drie dogters was uitgeboul want hul het nie geweet ek sal sover gaan nie. Dit was ‘n baie groot lekkerte om
hul reaksies te sien en met die bekendstelling hul insette te ervaar.* Dit was ‘n dag wat ek nooit sal vergeet nie!*

 

Leave a Reply