Intensiewe Vorme

Intensiewe vorme (of intensiewe adjektiewe) is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad. Dit word gebruik om ‘n sin trefkrag te gee. In Afrikaans word intensiewe vorme altyd vas geskryf, behalwe by wawyd oop, nugter wakker en alom bekend.

Doodmoeg 

 

af – morsaf

alleen – manalleen, stoksielalleen, vingeralleen, vroualleen

arm – brandarm

bang –  dood(s)bang, skytbang, vrekbang

bedaard – doodbedaard

bekend – alom bekend, wêreldbekend, wydbekend

bekommerd – doodbekommerd

belangrik – lewensbelangrik

benoud – doodbenoud

beroemd – wêreldberoemd

besig – druk besig

bitter – aalwynbitter, alweebitter, galbitter

blank – lelieblank

bleek –  doodsbleek

blind – stekelblind, stokblind

blink  -diamantblink, skitterblink

blond – bottelblond

blou – blouselblou, hemelsblou, pikblou, potblou, erdblou

bly – doodbly

breed – hemelsbreed

bruin – modderbruin

deur – dwarsdeur

diep – enkeldiep, kniediep

dig – potdig

dik – knubbeldik, knippeldik, knuppeldik, trommeldik

dom – aartsdom, eseldom, klipsteendom

donker – doodsdonker, nagdonker, pikdonker, stikdonker

dood – morsdood

doof – stokdoof

droef – kerkhofdroef

dronk – diepdronk, dikdronk, horingdronk, papdronk, poepdronk, smoordronk, stomdronk, stormdronk

droog – horingdroog, kurkdroog

dun – papierdun, plankdun, ragdun

duur – bitterduur, peperduur

eerlik – doodeerlik

eenvoudig  – doodeenvoudig

eg – goudeg

ellendig – doodellendig

ernstig – doodernstig

flou – stokflou

fris – perdfris

fyn – haarfyn, piekfyn, ragfyn

geduldig – doodgeduldig

geel – borriegeel, goudgeel, kanariegeel, kerriegeel, knalgeel, mosterdgeel

gek – stapelgek

gelukkig – dolgelukkig, doodgelukkig, sielsgelukkig, stralend gelukkig

gesond – blakend gesond, kerngesond

gemaklik – doodgemaklik

gerus – doodgerus, houtgerus

getrou – lewensgetrou

gewoon – doodgewoon

gevaarlik – doodsgevaarlik

gevoelig – fyngevoelig

gewone – doodgewone

glad – seepglad, satynglad, spieëlglad

goed – bittergoed, doodgoed

goedkoop – doodgoedkoop, spotgoedkoop

graag – bittergraag, dolgraag

groen – grasgroen, lowergroen

groot – lewensgroot

grou – loodgrou

grys – loodgrys

hard – kliphard, klipsteenhard, rotshard

heet – snikheet, stikheet

helder – glashelder, klokhelder, kristalhelder

honger – doodhonger, rasend honger, sterwend honger

hoog – hemelhoog, helhoog

jammer – doodjammer

jonk – bloedjonk

kaal – poedelnakendkaal

kalm – doodkalm

klaar – klinkklaar

klein – piepklein

koel – komkommerkoel

koud – bibberkoud, piskoud, yskoud

krom – hoepelkrom

kwaad – doodkwaad, smoorkwaad

lam – boeglam

lang – ellelange

lank – doodlank, lewenslank

leeg – dolleeg

lelik – hondlelik, skreeulelik, vreklelik

lekker – smullekker, vingerleklekker, vreklekker, watertandlekker

lewendig – springlewendig

lig – helderlig, veerlig

luiters – doodluiters

maer – brandmaer, biltongmaer, doodmaer, plankmaer, seningmaer, vrekmaer

mak – hondmak, skaapmak

mal – aapmal

maklik – doodmaklik, spotmaklik, verspotmaklik

min – bloedmin

mislik – kotsmislik

moeg – doodmoeg, hondmoeg, lewensmoeg

mooi – feetjiemooi, popmooi, prentjiemooi, sprokiesmooi, wondermooi

naak – poedelnaak

nat – druipnat, papnat, papsopnat, sopnat, waternat, watersopnat

natuurlik – doodnatuurlik

netjies – kraaknetjies

nodig – broodnodig, hoognodig

noodsaaklik – lewensnoodsaaklik

nugter – bloednugter, doodnugter

nuuskierig – aartsnuuskierig

nuut – splinternuut

ongelukkig – doodongelukkig, sielsongelukkig

onnosel – domonnosel, kliponnosel, stomonnosel

onskuldig – doodonskuldig

oop – wawyd oop

oortuig – doodoortuig

oranje – skeloranje

orent – penorent

oud – horingoud, oeroud, stokhoringoud, stokoud

pers – pimpelpers, skreeupers

pienk – felpienk, knalpienk, skelpienk skreeupienk

raak – doodraak

reg – doodreg

regop – kersregop, penregop

reguit – penreguit

rein – hemelrein

rond – bolrond, koeëlrond

rooi – bitterrooi, bloedrooi, knalrooi, robynrooi, skarlakenrooi, tamatierooi, vlamrooi

ryk – skatryk, stinkryk, vrotryk

ryp – doodryp, papryp

saai – doodsaai

saf – papsaf

sag – fluweelsag, papsag, satynsag, troetelsag

seker – doodseker

sekuur – fynsekuur

siek – doodsiek, hondsiek

sindelik – kraaksindelik

skaam – doodskaam

skeef – windskeef

skelm – jakkalsskelm

skerp – vlymskerp

skoon – beeldskoon, kristalskoon, wonderskoon

skoon – silwerskoon

skraal – rietskraal

slap – papslap

sleg – hondsleg, kaksleg, vreksleg, vrotsleg

snaaks – skreeusnaaks

snel – blitssnel

soet – stroopsoet, suikersoet

sout – pekelsout

stadig – doodstadig

sterk – stormsterk

stil – botstil, doodstil, grafstil, tjoepstil

styf – snaarstyf, stokstyf

suinig – vreksuinig

suiwer – glassuiwer, kristalsuiwer

suur – asynsuur

swaar – loodswaar

swak – doodswak, kuikenswak

swart – gietswart, gitswart, pikgietswart, pikgitswart, pikswart, raafswart, roetswart

toe – bottoe

taai – biltongtaai, hondstaai, karootaai, rateltaai, seningtaai

tevrede – doodtevrede

vaal – asvaal, muisvaal

vars – douvars, kraakvars, neutvars, oondvars

vas – bankvas, doodvas, rotsvas

veilig – doodveilig

verbaas – stomverbaas

vererg – doodvererg

verlief – doodverlief, dolverlief, malverlief, smoorverlief

verlig – helderverlig

verskriklik – allerverskriklik

vervelend – doodvervelend

vet – blinkvet, moddervet, spekvet

vinnig – blitsvinnig, helvinnig, kwikvinnig

vol – barstensvol, boordensvol, propvol, stampvol, tjok-en-blok vol

vreemd – wildvreemd, wondervreemd

vriendelik – katvriendelik

vrot – papvrot

vry – skotvry, voëlvry

wakker – nugter wakker

warm – helwarm, kokend warm, rooiwarm, snikwarm, stikwarm, vuurwarm, witwarm

weinig – bloedweinig, broodweinig

wit – lakenwit, melkwit, skitterwit, spierwit

wyd – wawyd, wêreldwyd


 

Leave a Reply