Onverklaarbaar (Uit Flentertjies) – Lia Killian

 Sunet lê op die naat van haar rug. Die sooibrand kuil haar op. Met ʼn sagte glimlag vryf sy oor haar hoogswanger maag. “Bokka. Bokka?” Anton kreun terwyl hy omdraai. “Hmm.” Kom dit deur die slaap. “Sal jy asseblief vir my water gaan kry?” Nog voor Anton opgestaan het, slaap Sunet al klaar weer. “Tiekie hier is jou water.” Sunet rek haar arm uit oor die kot wat tot teen die bed getrek is, met hul vier maande oue Ilze. Sunet frons. Iets is nie reg nie. Sy rek haar oë groot oop, maar alles bly donker. “Anton.”

Daar is geen reaksie nie. “Anton!” Vir wat antwoord hy nie? Sy stamp met haar voet teen hom. Geen reaksie nie. Sy stamp hom weer. Dit word koud binne haar. Sy hou haar asem op. Hoekom word hy nie wakker nie! Die hand wat sy uitgesteek het om die glas water te vat, brand. Dit voel of sy ʼn kool vuur wat besaai is met vratte vashou.
Haar asem jaag en sy voel hoe haar bors toe trek. “Here help my!” Sy sit met ʼn snik regop in die bed. ʼn Arm gly saggies om haar en sy gaan aan die bewe en huil hartverskeurend terwyl sy oor die bed skarrel na die voete ent, waar sy die man gesien staan het en vir haar gesê het: “Laat die natuur sy gang gaan.” Dis toe wat sy beheer gekry het oor haar liggaam. Anton staan op en dit vat hom meer as ʼn paar uur om haar te kalmeer. Net die belofte dat hy pastoor sal vra om ʼn draai te maak, kry haar tot ruste.
Dieselfde middag na die voorval het pastoor kom besoek aflê. Anton is baie bekommerd oor Sunet. Van klein Ilze gebore is, is daar fout. Sunet kom met snaakse dinge voor en dag. Soos die droom wat sy gehad het en nou die dag het sy hoog en laag gesweer dat klein Ilze se dag kot gewieg het in die sitkamer sonder dat iemand daar was. Klein Ilze het verskriklik gehuil.
Niks maar niks wat hy vir haar sê kry haar rustig nie. Pastoor kry haar met die belofte dat hy die huis sal seën uiteindelik rustig. Sy is baie bleek en sielsdodend moeg. Daai aand na die seën van die huis, weier sy nog steeds dat sy en klein Ilze in die hoofslaapkamer of sitkamer slaap. Al hoe hy haar te ruste kon kry was om by haar vriendin langsaan te hoor of hul die aand daar kan slaap. Vir die eerste keer in ʼn lang ruk kyk Anton af na sy vrou se rustige asemhaling.
Terwyl hy die kombers saggies oor haar skouers trek, hoor hy ʼn oorverdowende slag. Richard en Anton kry mekaar in die gang. “Wat de hel was dit!?” Hulle storm na buite en gaan staan saam doodstil op die stoep. Anton kyk na Richard. Richard se mond gaan oop om iets te sê maar net ongeloof wys op die twee mans se gesigte. Daar waar Anton hulle se kamer en die sitkamer van hul huis se dak moet wees, is niks! Die dak het inmekaar geval. Anton trek sy hand deur sy hare en is bleek in sy gesig. Dit is ʼn week later, die dak is herstel en Sunet loop en sing in die huis. Sy is haar ou self.
Anton kyk op na die dak en frons. Volgens die inspekteur was daar niks fout met die dak balke of enige iets anders nie. Hoekom die dak en presies net daai twee vertrekke s’n ingeval het bly ʼn raaisel.

©Lia Klillian

Bestel HIER

Leave a Reply