Mei 2018 – Boek uitverkoping!!! Louis Rautenbach

Mei 2018 – Boek uitverkoping!!! Louis Rautenbach
R172 per boek posgeld en verpakking ingesluit besoek ons webwerf en koop joune nou!!!

Louis B Rautenbach se liefde vir die Afrikaans taal en sy passie vir skryf en vir die vertel van stories, het verskeie boeke tot gevolg gehad.

1.Oorsprong van Smarte (2013) is in roman styl. ʼn Verhaal met hoofstukke wat strek van Genesis tot Konings, van die skepping tot waar koning Dawid oorlede is en Salomo as koning by hom oorneem. Die boek vertel die ou bekende Bybelse verhale op besonderse wyse met die gepaadgaande emosies vir die karakters. Dit bevat baie lering en baie inligting wat soms misgelees word. Dit beskryf die besonderse lyn waarin alles vloei, en beklemtoon deurlopend die liefde, genade, barmhartigheid en vergifnis van die Here. Die geboorte van die eerste vrese, die eerste moord, verkragting en gevoelens van wraak en selfvergelding word verhaal. Selfs interaksie met ʼn prostituut, owerspel en vier gevalle van selfdood, asook die genade van die Here selfs teenoor die Farao deur in die tien plae die onvermoë van sy afgode te bewys in ‘n poging om hom tot bekering te roep.

Op wye aanvraag deur lesers is hierdie boek na Engels vertaal en is in die helfte van 2017 onder die titel Origin of Sorrows uitgegee.

2. Spieëlsplinters (2013) is ʼn roman wat 80% gebaseer op eie ervaringe en word in die eerste persoon geskryf. Dit beskryf die impak van grootmense se besluite op hul kinders. Dit is vol intriges en gee ook bietjie lering oor spesifieke, enkele vraagstukke. Dit speel af in ʼn tyd van 1965 tot 1980 en raak verskeie emosionele ervarings van kindwees aan. Dit vind gedeeltelik plaas in die tyd voor selfone en motor radio’s waar motorritte gebruik is om o.a. familiekonsert te hou. Dit is ʼn goeie oorgangsboek wat by beide die tiener as die volwasse leser aanklank vind.

3. Soveel Jare (2014) – Die Roman gaan oor die lewe van ʼn aanneem baba wat eers op 30-jarige ouderdom van sy oorsprong uitvind. Die skok daarvan om uit te vind dat hy ʼn aangenome kind is, noop hom om op sy spore terug te loop. Die soeke na sy familie neem hom oor landsgrense heen. Hy reis ver om sy verlore familie op te soek. Die storie neem ‘n aanvang in Duitsland en gaan via London UK na Namibië, Suid Afrika en Swaziland. Dit strek oor 60 jaar en vertel die verhaal oor verskeie geskiedkundige tydlyne en betrek drie families. Hierdie lekkerlees boek bring baie emosies na vore en is plek-plek ‘n tranetrekker vir sensitiewe mense.

4. My Vriend, My Broer (2015) is ‘n wonderlike, menslike verhaal van Dawid en Jonatan – een ʼn prins van geboorte en die ander ʼn prins aangetroud. Hierdie roman neem die leser op ʼn verbeeldingsreis met emosies veroorsaak deur aanvanklike verwerping, valse beskuldigings, depressie maar ook die oorwinning om tot die grootste leier en politikus van alle tye gekroon te word. Hierdie baie besonderse verhaal bevat baie insig en lering en beskryf die unieke liefde wat ʼn demonstrasie is van die liefde van God vir Sy skepping. Hierdie is ʼn lekker leesboek en bied heerlike ontspanning vir enige leser.

5. Sy Lewe vir Sy Liggaam (2016) Die roman is gebaseer op die NT Bybelse boek Handelinge en sentreer meestal rondom Paulus se omswerwinge. Jesus gee Sy lewe vir Sy liggaam, die kerk. Dit begin waar Jesus aan die kruis sterf, gaan terug na Ou Testamentiese profesieë en verduidelik die profesieë van Jesus se koms op unieke wyse, waarna dit die vervolging en marteling van Christene beskryf, en uiteindelik die ontbanning van Christendom. Beskrywing van emosies is weereens gebruik om die karakters in die verhaal realisties uit te beeld. Hierdie besonderse, gewilde boek het ʼn baie goeie resensie van teologie doktors Frans en Sariet Nortjé gekry. Hulle beskryf dit o.a. as “ʼn moet om te lees, ʼn meesterstuk.”

6.Die Bodemlose Kruik (2016) – Die boek neem die storie van Oorsprong van Smarte wat by Konings geëindig het, in roman styl verder vanaf Konings met die kroning van Dawid se seun, Salomo, en neem die leser deur die Ou Testament. Dit beskryf die uitdagings van Ester en Job, en behandel in romanstyl hoofsaaklik die profete en profesieë. Dit bied baie lering en gee baie perspektief op die profesieë en die waarskuwings wat God deur Sy profete aan ons rig.

7.Skaduwees (2017) Hierdie roman handel oor ʼn kind wat blootgestel word aan die uitdagings van die geesteswêreld, waar emosies uitgelig word en die verskyning van voorbodes, demone, en ander verskynsels beskryf word, en bespreek in die tweede helfte ook die verskyning van engele, voorgevoelens, drome en visioene. Alhoewel die boek plek-plek bangmaker insidente bevat, is die boodskap van hoop en verlossing prominent daarin.

8. Die Son Kom Op (2017) Roman oor ʼn gesin wat tot die uiterste aan onverdraagsaamheid, liefdeloosheid en verwerping blootgestel word. Hierdie boek met sy aktuaele onderwerp ontlok bemoedigende terugvoer. Dit beloof om wye reaksie uit te lok en word ook in Engels uitgegee. In teenstelling met meeste boeke wat op ‘n hoogtepunt begin en aan die einde van die verhaal op ‘n laagtepunt eindig, begin hierdie boek basies eerder op ‘n laagtepunt met verskeie emosionele uitdagings wat die lewe bied, en eindig in triomf wat die leser met verwondering laat en selfs ‘n heerlike salwing bied. (In Engels beskikbaar as Dawn has Broken teen dieselfde prys as Afrikaanse weergawe).

9. Liefde Tussen die Sterre

Die opdrag het deur die onbeperkte ruimtes geklink: ‘Laat daar lig wees!’ Daarna het baie dinge gebeur.
Nogtans, met hierdie enkele onderwerp kan ons elkeen ons verbeelding die vrye teuels gee!
Hierdie Wetenskapsfiksie-liefdesverhaal tussen Egon van Kreta en Riana van Rustenburg, wat tussen die planete ontstaan en op Kreta tot volheid ontvou, bereik wasdom hoog tussen die sterre. Die verhaal neem die leser op ʼn unieke reis deur die onbekende, uitgestrekte ruimtes waar die verborgene onbelemmerd lê en wag om elke leser wat hierdie besonderse liefdesreis meemaak, mee te voer.

10. Kind Van Die Wind – Hierdie boek verhaal die misterie wat finale verandering van geboorte, die dood en die hiernamaals omgewe.

ʼn Gesprek met ʼn vriendin, Corrie, het aanleiding gegee tot die inspirasie vir hierdie boek. Hierdie verhaal is gedeeltelik ʼn fiksieverhaal en sentreer baie van die beskrywings rondom die lewegewende Woord, ʼn bron wat leiding gee, wat, net soos hierdie boek, ʼn kykie gee van dit wat ná die lewe op die aarde verwag kan word.
https://www.bookhut.co.za/2018/01/22/louis-rautenbach/


 

Leave a Reply