Onverklaarbaar (Uit Flentertjies) – Lia Killian

 Sunet lê op die naat van haar rug. Die sooibrand kuil haar op. Met ʼn sagte glimlag vryf sy oor haar hoogswanger maag. “Bokka. Bokka?” Anton kreun terwyl hy omdraai. “Hmm.” Kom dit deur die slaap. “Sal jy asseblief vir my water gaan kry?” Nog voor Anton opgestaan het, slaap Sunet al klaar weer. “Tiekie…