Die Bitter en Soet van ‘n Ouer se Lewe – Elsabie van der Westhuizen

R180.00

Die doel van die boek is in die eerste plek om aan die Here eer te betoon deur die wonder van Sy betrokkenheid in ons tye van trauma en verlies te beskryf. Ek het ook daarmee gepoog om die wonderwerke wat ons voor, tydens en na ons seun se dood  beleef het, uit te beeld om aan die wat tans treur, hoop te gee.

Description

Voorwoord

Tydens `n onlangse kursus wat ek gedoen het saam met die Joernaliste van Skryfgeheime, was die behoefte aan so boek bespreek. Afgesien van behoefte, het ek `n dringendheid in my ervaar om gestalte te gee aan `n boek oor ons kind se dood.
Verhouding met God in die gesin asook in die lewe van `n kind is n baie belangrike aspek wat ek hier aangeraak het. Ek het ook die ervaringe van elkeen in die gesin gedeel asook die foute wat ons gemaak het in ons tyd van rou.
Aan die einde het ek `n hoofstuk gewei aan die rouproses in geheel. Dit was geneem uit eie ervaring maar ook versterk en bevestig deur bykomende navorsing. Ek het waar nodig selfs fotos ingelas om die werklikheid visueel `n groter waarheid te maak. Ek wou deur die vertelling van ons eie ervaring, mense wat in wanhoop verkeer help om weer te fokus en tydens die rouproses hulp te aanvaar. Tydens `n onderhoud op Radio Kansel in die maande na ons kind se dood, het die hulproep van mense reeds duidelik gewys. Die boek mag dalk as verdere
hulpmiddel saam met ander van dieselfde onderwerp dien. Elke mens is uniek en so ook elke verhaal. Posgeld en verpakking uitgesluit

Additional information

Skrywer

Elsabie vd Westhuizen

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Bitter en Soet van ‘n Ouer se Lewe – Elsabie van der Westhuizen”