E Boek – Kind van die wind deur Louis Rautenbach

R50.00

Hierdie boek verhaal die misterie wat finale verandering van geboorte, die dood en die hiernamaals omgewe.

ʼn Gesprek met ʼn vriendin, Corrie, het aanleiding gegee tot die inspirasie vir hierdie boek. Hierdie verhaal is gedeeltelik ʼn fiksieverhaal en sentreer baie van die beskrywings rondom die lewegewende Woord, ʼn bron wat leiding gee, wat, net soos hierdie boek, ʼn kykie gee van dit wat ná die lewe op die aarde verwag kan word.

Description

Proloog: 

Daar bestaan deesdae ʼn tendens om hierdie ʼn uwe lewe’ af te maak as wensdenkery en verbeeldingsvlugte of sinsverwarring. Hierdie boek het nie ten doel om hierdie debat verder te voer nie, maar is bloot ʼn lekker leesverhaal waarmee elke leser kan maak wat hy/sy wil. Dit is ook nie ʼn opgawe van nadoodse- of naby dood ervaringe wat in ʼn bundel saamgevat is nie, maar eerder die vrye verwagting van ʼn gelowige mens. 

Die realistiese vertelling vanaf die eerste geboorte, om ʼn lewe tot by die dood te leef, en in oorwinning in die hiernamaals te kan kom, word met die nodige respek en gepasde emosies beskryf. 

Die lewe van ʼn enkele vrou word gebruik om hierdie verhaal te kan vertel. Te midde van die uitdagings wat die lewe bied, asook die gepaardgaande foute wat gemaak word, loop sy haarself in dié proses teen verskeie konfliksituasies vas, waar sy uiteindelik as niksvermoedende slagoffer die sondebok van ander se wrewel raak. 

Soos in die grootste deel van haar lang lewe, voer sy tot aan die einde van haar bestaan, in die laaste twee jaar as invalide, siel-alleen haar eie stryd. In die jare van haar siekte en stryd om oorlewing, behaal sy algehele oorwinning om as geredde na die volgende lewe oor te gaan.

Elke leser kan self besluit oor watter dele fiksie, en watter dele die waarheid is. U mag dalk verbaas wees.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “E Boek – Kind van die wind deur Louis Rautenbach”

Your email address will not be published. Required fields are marked *