My Vriend my Broer deur Louis Rautenbach

R180.00

ISBN-978-0-620-68669-0

My Vriend, My Broer (2015) is ‘n wonderlike, menslike verhaal van Dawid en Jonatan – een ʼn prins van geboorte en die ander ʼn prins aangetroud. Hierdie roman neem die leser op ʼn verbeeldingsreis met emosies veroorsaak deur aanvanklike verwerping, valse beskuldigings, depressie maar ook die oorwinning om tot die grootste leier en politikus van alle tye gekroon te word. Hierdie baie besonderse verhaal bevat baie insig en lering en beskryf die unieke liefde wat ʼn demonstrasie is van die liefde van God vir Sy skepping. Hierdie is ʼn lekker leesboek en bied heerlike ontspanning vir enige leser. Posgeld en verpakking uitgesluit

Description

ISBN-978-0-620-68669-0
P R O L O O G

 ‘n Prins, Jónatan, uit die eerste koningsgesin, en Dawid, ‘n veewagtertjie wat deur sy familie verwerp en verstoot is verhaal hierin. Hulle gevoelens wat hulle jeens mekaar koester, demonstreer die liefde wat God vir Sy skepping het. Hul liefde, wat gebore is uit gemeenskaplike belang: geloof in, en eer vir God, opregtheid, suiwerheid, onverskrokkenheid en moed. Maar ook gevoelens van verwerping, soeke na aanvaarding, oorwinning, en behorendheid. ierdie boek vertel die verhaal van ‘n besonderse toegeneentheid tussen twee vriende, die een ‘n tienerseun en die ander alreeds ‘n ervare soldaat, wat uitgedaag word met die eise van die lewe wat bemoeilik word deur mense uit die verskillende wêrelde en raamwerke waaruit hulle kom. 

Hierdie Godsmanne ontmoet op besonderse wyse en voel onmiddellik toegeneë tot mekaar. In besonderse omstandighede word hulle in ‘n situasie saamgegooi waar ‘n spontane, unieke vriendskap en liefde tussen hulle ontwikkel tot die vlak waar hulle bereid is om hulle lewens vir mekaar te gee.

My Vriend, My Broer

Die fokus is daarop om menslike emosies en samebindende, gemeenskaplike uitdagings die hoof te bied. Te midde van vervolging en vyandigheid kleef albei die manne vreesloos aan God vas en eer die beloftes wat deur Hom gemaak word. Hebsug en selfsug tussen hierdie twee vriende is geheel en al in hul lewens afwesig.

Die leser behoort egter te sien dat beide Jónatan en Dawid hul diepe afhanklikheid en liefde openlik vir God en vir mekaar bely. Albei leef hul geloofsvertroue in die HERE uit, en skroom nie om Sy leiding en beskerming af te bid nie.

Elke leser kan met vrymoedigheid vrye teuels gee daaraan om hierdie realistiese beskrywing te interpreteer, en selfs die feite daarvan na te slaan.  Posgeld uitgesluit.


 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “My Vriend my Broer deur Louis Rautenbach”