Soveel Jare deur Louis Rautenbach

R180.00

Soveel Jare (2014) – Die Roman gaan oor die lewe van ʼn aanneem baba wat eers op 30-jarige ouderdom van sy oorsprong uitvind. Die skok daarvan om uit te vind dat hy ʼn aangenome kind is, noop hom om op sy spore terug te loop. Die soeke na sy familie neem hom oor landsgrense heen. Hy reis ver om sy verlore familie op te soek. Die storie neem ‘n aanvang in Duitsland en gaan via London UK na Namibië, Suid Afrika en Swaziland. Dit strek oor 60 jaar en vertel die verhaal oor verskeie geskiedkundige tydlyne en betrek drie families. Hierdie lekkerlees boek bring baie emosies na vore en is plek-plek ‘n tranetrekker vir sensitiewe mense.

Description

ISBN-9-781928-202936

PRoLoog

Hierdie verhaal handel oor ʼn interessante man wat as baba op byna ongeoorloofde wyse uit sy ouerhuis geneem word en vir aanneming aan ʼn welaf, ouerlose egpaar afgegee word.

Die smart van ʼn moeder wat haar baba ontneem word, word aangeraak. ʼn Beskrywing oor die ontnugtering van die rykmanskind wat eers as getroude man met die waarheid van sy verlede gekonfronteer word, volg en word sy lewe as jong pa onverwags ontwrig. 

Hy tel nogtans die los drade van meer as dertig jaar gelede op, en benut die geleentheid om te herenig. Hy moet die soeke in sy verlede egter na ʼn kort rukkie weer laat vaar om sy gesin en sy toekoms na te kan fokus. Meteens is hy weer alleen. Emosionele oomblikke word in hierdie verhaal vasgevang en beskryf.

Sy daaropvolgende lewensreis word met hoogte- en laagtepunte afgewissel, totdat die onverwagse, finale besluit sy soeke vir ewig tot stilstand bring.

 

Die verhaal beskryf die intriges van drie families rondom een enkele lewe.

Posgeld uitgesluit

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Soveel Jare deur Louis Rautenbach”