DF Malherbe (1881-1969)

Slaap Wat is die slaap ‘n wondersoete ding! Sag op haar bloue oë daal die vaak soos maneskyn diep waterkuile raak om daar te droom in silwer skemering. Vir laas beef oor haar lippe ‘n fluistering: “Nag, Pappie.” Ek merk hoe langsaam hy genaak, wat drome soet tot werklikhede maak: in vaderarms rus my lieweling. Sluit so my oë, God, wanneer vir my u Engel wenk ter laaste, lange rus en ek van wilde woeling hier moet skei; dat my dan stille drome huis toe sus…

Ek het ’n huisie by die see

Ek het ’n huisie by die see Ek het ’n huisie by die see. Dis nag. Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan teenaan die rots waarop my huisie staan met al die oseaan se woeste krag. Ek hoor die winde huil – ’n kreun, ’n klag, soos van verlore siele in hul nood al dwalend, klagend, wat in graf en dood geen rus…